Katolieke Network Suid Afrika

 Katolieke Netwerk Suid- Afrika

Catholic Network South Africa

Catholic Network South Africa

 

Wie is ons

Die Katolieke Netwerk Suid-Afrika het ten doel om by te dra tot die eenheid en krag van die Katolieke Kerk.  Ons is 'n netwerk van bekeerlinge, terugkeerders en getroue Katolieke wat toegewy is om mekaar en ons geestelike groei te ondersteun.

 

Ons missie is om diegene te dien wat navraag doen oor die Katolieke Kerk of lid daarvan wil word. Deur ons landwye netwerk van ondersteuners, wil ons 'n gemeenskap bied aan bekeerlinge of terugkeerders, wat hulle kan help en ondersteun op hul reis.

 

Hierdie netwerk en gemeenskap vervang nie die formele opnemings proses (Orde van Christellike Inisiasie van Volwassenes of Order of Christian Initiation for Adults, OCIA)   nie.  Dit bied sosiale en emosionele ondersteuning om mense te help om die antwoorde te vind waarna hulle soek. Bekeerlinge gaan soms deur baie uitdagende tye en word deur vriende en familie veroordeel. Sluit by ons aan om die waarheid, skoonheid en goedheid van die Katolieke geloof te ontdek. 

Vind `n geloofs-

genoot

Vind iemand naby aan jou om saam met jou die geloofs reis te stap

Deel jou verhaal met ons

Deel jou inspirende geloofs verhaal met ons, om ander gelowiges te bemoedig

Raak betrokke by ons as `n genoot

Word `n geloofs genoot om ander op hul reis na die Katolieke kerk te ondersteun 

Kontak ons:

Address:
59 Klein st, Ermelo 

Kontak besonderhede:
065 809 0258

072 606 1661
Epos:
info@catholicnetwork.co.za

 

Name *
Email *
Message *