PROFESIE IS GESKRYF NIE NET OM DIE TYE TE KEN NIE, MAAR OOK KAN ONS DIE
WAARHEID VIND WANNEER ONS TERUGKYK, OM SIN TE PROBEER MAAK.
Die bekerings verhaal van Elna van Coller
Dit was die sleutel wat verborge waarhede ontsluit het waarvan ek sommige hier sal noem.
Jesus het nooit gesê dat "Dit maak nie saak wat jy doen nie", en ook nie dat "akkurate
leerstellings nie regtig saak maak nie, net solank jy diep binne-in 'n goeie mens is.
Ek het in die Nederduits Gereformeerde Kerk (NG) grootgeword, met beide my ma en
pa wat broers gehad het wat NG-predikante was. Ek was nog altyd lief vir God en die
Bybel en enige of alle aktiwiteite rondom dit. Gedurende my universiteitsjare het ek na
die charismatiese beweging beweeg en toe ek as 'n prokureur begin werk het, het ek
in die rigting van Baptiste beweeg. Ek het altyd enigiets nuuts ondersoek wat oor my
pad gekom het, insluitend die pro-Israel drukgroep. Uiteindelik het ek 'n aanlynblogger
ontdek met 'n gemengde geskiedenis soortgelyk aan myne. Hy was vroeër 'n Moslem,
nou 'n bekeerling tot die Christendom en wat uiteindelik tot Katolisisme bekeer het. Ek
was gefassineer deur sy aanlynapologetiek.
Het jy al ooit gewonder oor Esegiël se tempel (Eseg 40-44: Die sogenaamde derde
tempel)? Wanneer, waar en deur wie sal dit gebou word? Voor of na Jesus se tweede
koms? En wat van sy ongebruikte slagmesse? Baie sien Esegiël se tempel as 'n
letterlike fisiese tempel, terwyl ander dit heeltemal geestelik of simbolies sien. Hulle
ignoreer albei die antieke of tradisionele goue reël: Om die Bybel te interpreteer moet
die standaard van toepassing van beide die geestelike en die letterlike op enige
interpretasie gebruik word, om die Waarheid te vind. Deur dit te doen, kan ons sien
hoe Daniël, Esegiël en selfs Johannes in Openbaring almal van een en dieselfde
tempel gepraat het. Dis nie sommer enige aardse tempel nie.
Esegiël se tempel het geen toonbrode, geen goue kandelaar, geen reukaltaar, geen
voorhangsel wat die ingang van die Allerheiligste bedek nie en selfs geen ark nie. Vir
hierdie ongewone tempel om vandag deur die ‘Israel Temple Institute’ herbou te word,
sal jy sulke Jode moet oortuig om Esegiël se ontwerp te volg. Jy sal hulle besware
moet hanteer dat hierdie ontwerp verwerp moet word omdat dit in werklikheid geestelik
ooreenstem met Christelike teologie. Esegiël se tempel bestaan reeds in een sin:
Geestelik in die wêreldwye Christelike (ortodokse en katolieke) liggaam van
gelowiges. Daar waar geen vleis- of diereoffers meer nodig is nie, behalwe die graan
en wyn (kommunie of daaglikse mis). Wat sou ek met hierdie kennis doen?
Die Eksoduspasga is die eerste keer in werking gestel toe Moses Egipte verlaat het.
Dit lê die Nuwe Testament (NT) se grondslag vir heilige kommunie (Ortodokse en
Katolieke noem dit die Mis- of Eucharistie-offer). Die Eucharistie (Pasga) is 'n
goddelike ingestelde ewige viering: ‘Hierdie dag moet vir julle dien as 'n
herinneringsdag; julle moet dit as ‘n fees vir die Here vier. As ‘n voorskrif wat altyd vir
julle nageslagte geld, moet julle die dag feestelik vier.’ (Eks 12:14)
In Maleagi 1 word hierdie heilige offer aan die heidene oorgedra as 'n suiwer en
"volmaakte graanoffer". Let daarop dat niks “volmaak” kan wees vanuit God se
oogpunt, tensy dit goddelik is nie.
Die skokkende 'rooi lig' dat so 'n offer deur die heidene (nie die Jode nie) gedoen word,
en die sogenaamde "graan-offer" is, laat geen twyfel nie dat dit 'n 'offer' (volmaakte
goddelike offer) is en die Christelike gemeenskap is wat daagliks voortduur "vir altyd",
en daardeur Eks 12 vervul. Maleagi het dit absoluut duidelik gemaak dat die
offerstelsel in die Ou Testamentiese tempel aan die heidene (die Kerk) oorgedra word
deur gebruik te maak van die “graanoffer” (kommunie of Eucharistie) van Christelike
kerke wat deur sy nuwe priesters bedien word en in die tempel deur elke gelowige
geëet word:
‘Was daar iemand onder julle wat die tempeldeure kon toesluit, sodat julle nie die vuur
op my altaar verniet aansteek nie. Ek is julle nie goedgesind nie,” sê die Here, Heerser
oor alle magte. “’n Offer uit julle hande is nie vir My aanvaarbaar nie. Immers van waar
die son opkom tot waar hy ondergaan, is my Naam groot onder die nasies en op elke
plek word reukwerk en ‘n rein offer aangebied vir my Naam, want my Naam is groot
onder die nasies,” sê die Here, Heerser oor alle magte.’
(Maleagi 1:10-11)
Ek moes aanvaar dat hierdie "offer" nie meer 'n Levitiese ‘aangesteekte vuur’ op God
se ‘altaar’ is nie, maar 'n Christelike ‘graanoffer’ wat voortdurend (daagliks) geëet
word.
Dit help ook om Daniël se profesie nou beter te verstaan, waar die Antichris die
‘graanoffer’ sal stop. Wat Maleagi geprofeteer het, was dat God die ou Levitiese
offergawe sal wegdoen en dat God na die ‘nasies’ (heidene) sal uitreik met 'n nuwe
offerstelsel in die waarneming van 'n ‘graanoffer wat suiwer is’ insluitend ‘wierook’, en
wat ‘daagliks’ geoffer sal word, vanaf ‘die opkoms van die son totdat dit sak,’ dit is 'n
voortdurende viering. Dit is die daaglikse mis in die Katolieke en Ortodokse kerke, en
nou verstaan ons ook die twee kandelare wat in Openbaring genoem word, dit wil sê
die Ortodokse en Katolieke kerke.
Volgens die Ortodokse Christendom, sonder die Eucharistie of daaglikse Mis is dit
alles verby. Geen kommunie beteken geen belydenis, geen offering en geen
Christenskap nie. Dit is die hele kern van die saak, die afskaffing van die kommunie.
Dit gee insig in Daniël 9:27 ‘In die middel van die week sal hy die slagoffer en
graanoffer laat ophou, en by die vlerk van verfoeilike afgodsbeelde sal daar een wees
wat verwoes, totdat finale vernietiging en wat vooruitbepaal is, oor die verwoester
losbars.’
In die Protestantse tradisie is nagmaal slegs bedoel om 'n simboliese herinnering te
wees, en dit staan elke gemeente vry om dit soveel of so min aan te bied as wat hulle
wil, soms selfs net twee of drie keer per jaar. Toe Jesus ons geleer het hoe om in die
Onse Vader te bid, het Hy ons geleer om daagliks brood (kommunie) te eet en
geestelik te groei uit die basis van sy volmaakte offer vir ons (brood of vlees).
Dan is daar in Esegiël waar God sy krygers beveel het om 'n fisiese merk op die
voorkoppe van die regverdiges te plaas, en om die ongemerktes dood te maak:
“Deurkruis die stad, deurkruis Jerusalem, en maak ‘n kruisie op die voorkoppe van die
mense wat sug en kla oor al die afskuwelikhede wat daarin gedoen word.” Vir die
ander mans het Hy, waar ek dit hoor, gesê: ”Deurkruis die stad agter hom aan en
slaan dood. Julle moet nie ‘n traan stort of deernis hê nie.”
(Eseg 9:4-5)
Dit stem ooreen met Openbaring waar God sy eie mense merk. Hy merk hulle met 'n
sigbare merk ook op die voorkoppe. (Op 7:3).
En as ons vandag rondkyk, sien ons dat die enigste Christene wat met vrymoedigheid
en jaarliks die merk van God op hulle voorkoppe neem, die Ortodokse en Katolieke is.
Hulle doen dit al vir 2 000 jaar lank jaarliks tydens Lydenstyd, met 'n kruis van as op
hul voorkoppe.
My reis het my alles laat prysgee en my tot die Katolieke Kerk bekeer, in
gehoorsaamheid aan Christus: “En elkeen wat huise of broers of susters of vader of
moeder of kinders of grond agterlaat ter wille van my Naam, sal honderd maal soveel
ontvang en die ewige lewe erf.” (Mat 19:29). My wens is dat almal sal aansluit en God
sal leer en dien volgens sy waarheid soos uiteengesit in die Bybel en Katolieke kerk