Om diegene te dien wat navraag doen oor die Katolieke Kerk, of wat volle gemeenskap met die Een Heilige Katolieke en Apostoliese Kerk verlang. Deur 'n landwye netwerk van ondersteuners te vorm, ondersteun en help ons mekaar om ons geloof te verdiep.
Elke jaar, op die 1ste Januarie, vier Katolieke die twee Nature van Christus (Hy is volledig God en volledig mens) en die moederskap van ons Dame Maria onder die titel van Maria as “Moeder van God.” Vir baie Protestante is hierdie titel van Ons Dame Maria ‘n groot struikelblok. Wat volg is ‘n homilie gelewer deur Vader Douglas Robertson op die 1ste Januarie 2025. In hierdie homilie verduidelik hy die ryke betekenis van die titel “Moeder van God.”
(Die homilie is uit Engels vertaal deur Vader Douglas.)
Homilie vir 1 Januarie 2025
Gelukkige nuwe jaar! Ons vereer vandag Ons Dame onder die titel "Moeder van God." Dit is nie toevallig dat ons elke jaar begin met die plegtige viering van Maria, die Heilige Moeder van God nie.
Saam met haar Onbevlekte Ontvangenis is Ons Dame se Goddelike Moederskap een van die twee fundamentele waarhede oor Maria. Alles anders wat ons oor haar glo, draai om hierdie twee leerstellings.
Maar interessant genoeg is die konsensus van die meeste teoloë dat Maria se identiteit as Moeder van God haar hoogste titel is … selfs “hoër” as haar Onbevlekte Ontvangenis.
Hoekom?
St Thomas Aquinas sê basies dat terwyl Jesus voorbeskik was om die Vleesgeworde God-mens te word wat op aarde rondgeloop het en nou in die hemel verheerlik is, Maria was voorbeskik om die Moeder van God te wees.
Sy was altyd bedoel om die Theotokos (God-draer) te wees.
Nou beland ons natuurlik in troebel waters wanneer ons begin om woorde soos predestinasie rond te gooi. Dit is nie regtig my plek om al die besonderhede te probeer verduidelik nie.
Ek sê nie dat daar geen vrye wil betrokke is by ons verlossing of in die heilsgeskiedenis in die algemeen nie. Dit sou eerder 'n Calvinistiese standpunt wees.
Dit is genoeg om te sê dat St. Thomas van Aquinas aandui dat dit nie nodig sou wees dat Maria die Moeder van God sou wees as die sondeval nie plaasgevind het nie. God het toegelaat dat Erfsonde gebeur as gevolg van die goeie wat Hy daaruit kon bring.
Soos St. Paulus in Romeine 5:20 sê – “waar die sonde toegeneem het, het genade des te meer oorvloedig geword.”
Maria was voorbestem om die Moeder van God te wees omdat God geweet het die sondeval sou gebeur. Jesus sou soos ons moes word (behalwe vir sonde) om Oersonde Sonde te herstel – daarom het God vir Hom 'n moeder gegee.
Haar Goddelike Moederskap is volledig 'n geskenk. Dit is nie deur enige meriete van haar eie nie. Dit is 'n gratis geskenk van God.
Hoekom is dit belangrik?
Want om die Moeder van God te wees, is wat aan Ons Dame 'n oneindige waardigheid gee. Dit gee haar 'n plek hoër as enige ander skepsel wat ooit geskep is!
Dit is hoekom ons haar eer soos ons dit doen. Dink hieraan … sy is Moeder van God!
Dis haar hoogste titel.
Besef dat so 'n wonderlike misterie as wat dit is, die Onbevlekte Ontvangenis nie Goddelike Moederskap vereis nie (d.w.s. dat Maria Moeder van God moet wees). Maar haar Goddelike Moederskap vereis wel die Onbevlekte Ontvangenis.
Sy moes waardig gemaak word om die Moeder van God te wees, dit is hoe God haar geskep het om te wees. Net soos die Ark van die Ou Verbond met sorg gemaak is om die Woord van God te bewaar – die 10 Gebooie; Maria is dus voorberei as die Nuwe Ark van die Nuwe Verbond om die Woord van God – Jesus – vir 9 maande in haar te dra.
Onthou dat Maria intiem verenig is met die Persoon van Jesus Christus wat die God-mens is. Sy is nie net verwant aan die man nie, maar die God-mens.
Sy het geboorte gegee aan die Persoon van Christus, nie net sy menslike natuur nie. En sy Persoon is beide menslik en goddelik.
Maria is dus direk betrokke by die hipostatiese vereniging - wat ons die vereniging van Christus se menslikheid en Goddelikheid noem.
En onthou, ons verlossing bestaan daaruit om deur die heilige mensheid van Christus te gaan en verder in Sy Goddelikheid in. Die sakramente trek ons in by Sy Mistieke Liggaam en gee ons die genade om die proses van vergoddeliking te begin.
Daarom sê Petrus dat ons deelgenote word van die goddelike natuur van God. (2 Petrus 1:4)
Dit is wat heiligmakende genade vir ons doen. Dit is ons pad na die hemel.
Dit is hoekom Jesus die mensdom aan Sy goddelikheid verbind het. Hy is ons brug na goddelikheid. Hy is ons brug na die hemel.
En Maria het Hom vir ons gegee.
Sy is nie spesiaal net omdat sy onberispelik verwek is en geen sonde het nie. Ja, dit is 'n wonderlike ding en Maria se uitspraak by Lourdes dat sy die Onbevlekte Ontvangenis is en dus intiem met die Heilige Gees verenig is, is verklaring wat baie meer moet uit een gesit moet word.
Maar sy is onberispelik verwek weens haar lot om die Moeder van God te wees.
Dit is haar hoogste titel.
En omdat sy so intiem verwant is aan die God-mens deur die krag van die Heilige Gees, is sy verhewe bo selfs al die engele.
Dit is as gevolg van haar Goddelike Moederskap dat ons haar die spesiale verering gee wat hiper-dulia genoem word.
Onthou dat ons aanbidding – latria in Latyn – aan God alleen gee. Hy is God. Net Hy ontvang aanbidding.
As gevolg van haar Goddelike Moederskap, ontvang Maria 'n spesiale soort verering wat hiperdulia genoem word. Die res van die heiliges ontvang verering wat dulia genoem word.
En 'n interessante kantnota by dit alles is dat Protestante tradisioneel die Konsilie aanvaar het waar dit alles gedefinieer is.
Terwyl die meeste Pinikstergroepe geen idee sou hê waarvan jy praat as jy tydens ‘n koffiedrink daaroor sou begin praat nie, aanvaar Protestante die eerste sewe Ekumeniese Konsilies wat begin met die Konsilie van Nicea in 325 n.C. en eindig met die Tweede Konsilie van Nicea in 787n.C. Die derde Ekumeniese Konsilie was Efese, in 431 n.C.
En dit was 'n groot een vir Mary.
Trouens, Maria se titel en identiteit as “Moeder van God” is by die Konsilie van Efese in 431 n.C. gedefinieer.
Daardie Konsilie het 'n ketter genaamd Nestorius – die Patriarg van Konstantinopel – veroordeel wat beweer het dat Maria die Moeder van Christus kan wees, maar nie die Theotokos nie – die Moeder van God.
Nestorius was eintlik besig om in dit alles vir Christus aan te val, en nie so seer vir Maria nie.
Hy het nie geglo dit wat ons elke week in die Sondagmis met die Geloofsbelydenis verkondig nie – nl., dat Christus gelykvormig – een in wese is met die Vader. Hy het nie gedink dat menslikheid en Goddelikheid saamgevoeg kon word nie.
Met ander woorde, Nestorius het 'n onderskeid getref tussen die menslikheid en Goddelikheid van Christus. Hy het geglo dat enigiets menslik noodwendig deur erfsonde beskadig is.
Daarom het hy verkeerdelik geglo dat Maria die Moeder van Christus die man kan wees, maar nie die Moeder van die God-mens nie.
Sy leerstellings is verwerp.
Om die waarheid te beskerm rondom die feit dat Jesus Christus een Goddelike Persoon met twee nature is – een menslike en een Goddelike – het die Konsilie Maria verklaar as Theotokos – die God-draer … die Moeder van God.
Wat beteken dit prakties vir ons?
Basies, dat ons elke dag onsself na haar kan wend. Dat sy as die Moeder van God die een is wat ons behoeftes na Jesus toe bring. Haar rol is om ons in die Familie van God “in te moeder.”
Eenvoudig gestel, sy is ons kanaal na goddelikheid.
So, bid jou rosekranse. Sê jou litanies. Praat met jou Ma.
Sy is natuurlik nie groter as die Vader, Seun of Heilige Gees nie. Maar hulle het haar 'n spesiale rol gegee om ons te help om in die Familie van God te kom.
God seën!
Get in Touch

Adres: Howick, Suid Afrika
Kontak besonderhede: 065 809 0258 / 072 606 1661
E-pos: info@catholicnetwork.co.za
© 2026 catholicnetwork.co.za
