Katolieke Network Suid Afrika

 Katolieke Netwerk Suid- Afrika

Catholic Network South Africa

Catholic Network South Africa

Catholic Network

 

Katolieke apologie, ondersteuning vir bekeerlinge en nationale netwerk 

 

Ons missie

Om diegene te dien wat navraag doen oor die Katolieke Kerk, of wat volle gemeenskap met die Een Heilige Katolieke en Apostoliese Kerk verlang. Deur 'n landwye netwerk van ondersteuners te vorm, ondersteun en help ons mekaar om ons geloof te verdiep.

Die buitengewone krag van iemand wat leef as 'n lewende voorbeeld van Christus. 
 

Die bekerings verhaal van  Christopher Gautschi

 

Dit was ’n enorme stryd vir my ma om my te laat doop, aangesien ek buite die huwelik gebore is. Die NG Kerk het aanvanklik geweier om my die mees essensiële sakrament—die doop as inisiasie in die Christelike lewe—toe te dien. Ek is uiteindelik eers kort ná my eerste verjaarsdag gedoop, nadat my ma ’n brief moes skryf waarin sy onverskoning vra vir die feit dat ek buite die huwelik gebore is. Ironies genoeg word die huwelik nie as ’n sakrament in die Gereformeerde tradisie beskou nie.


In my laat tienerjare het ek ontwikkel in n fanatiese ateïs.  Ek het Nietzsche gelees en was geboei. Ek het die 10 gebooie gesien as gereedskap om beheer uit te oefen en as n slaaf-moraliteit. Ek het sterk uitgevaar teen Christenskap en het net die grootste minagting vir sy stigter gehad.  Wat ek destyds nie geweet het nie, was dat ek geveg het teen n spesifieke vorm van Christenskap. Ek het geveg, of eerder geprotesteer teen protestantisme. Die tragiese was dat ek my ma beledig het deur snedige opmerkings te maak dat sy geveg het om my te laat doop.  In my donkerste tye toe ek God aangeval het, het ek een ding verseker geweet, as ek ooit n Christen moet word sal ek Katoliek word. Die grootse rede hiervoor is dat die een ware Christen wat ek geken het, dit gemaak het tot  in die hemel. Dit was my tannie Marie. 

 

Die enigte keer wat ek ooit kerk toe gegaan het was as ek my tannie Marie wou sien. ( Sy is die niggie van my oupa). Ek was lief vir haar en was ook baie geliefd in die familie. Ek en my ma het altyd geweet waar om haar te kry by die mis op Saterdag aande. Ek onthou die onbekende van alles, die kniel, sing, die klokke, wierook en dan ook die God-mens figuur wat teen die kruis vas geslaan is. (“Kan dit inderdaad God wees—so diep lydend, en met watter doel?”)

 

Ek het dit destyds nie geweet nie, maar dat Christus wat werklik en ligaamlike teenwoordig is op die altar,  met die swakheid in my hart gepraat het, ter voorbereiding om n slagoffer te word van sy tranformerende Godelike liefde. 

Wat ek wel baie goed kan onthou is die ongelooflike woorde van die konsekrasie. "neem, eet, dit it my ligaam" en "neem, drink, dit is my bloed". Ek het dit toe nie gelglo nie,. maar dit het tog by my gebly.

Een van die tragedies van die verlies van die begryp van die ware teenwoordigheid van Jesus in die Eucharist - te danke aan die Reformasie- is dat die kruiseging en die opstanding n eenmalige gebeurtenis geword het wat eeue en eeue lank terug gebeur het. 

In my jeuglike arrogansie het ek gevra- "Waarvoor maak een kruisiging saak, teenoor al die swaarkry en leiding in die wereld?" Ek het voorheen genoem dat Tannie Marie n ware Christen was. Ek het dit geweet, ek het dit instinktief gevoel. Maar hoe en hoekom?  Vir die eenvoudige rede dat sy vriendelik, nie-oordelend, goedhartig en sagmoedig was, en ’n lewende voorbeeld van die waardes van die Evangelie gestel het.

Toe sy in 2022 oorlede is, het haar meerderheid protestante en ongelowige familie onhandig probeer werk deur die begrafnis mis. Maar daar een ding wat ek verseker geweet het, as tannie Marie dit nie gemaak het hemel toe nie, dan was daar geen hoop vir ons nie.   

'n Jaar na haar dood, wou ek haar onthou. Ek het suutjies agter in geglip by St Mary's Cathedral in Kaapstad.  Ter danke aan haar invloed het ek onthou om te kniel, maar het dit nie gewaag om my self  merkbaar te maak nie. Net toe ek weer probeer het om uit te glip sonder enige oog kontak, het iemand my gewaar en n man het na my genader. Hy het geweet dat ek nie gereeld hier die mis bywoon nie. Ek het vir hom verduidelik hoekom ek daar was en dat ek geen plan het om terug te kom nie. Hy het dus ander planne gehad. Gesels met ons priester was sy raad. Ek het dus n epos vir die priester gestuur en hy het my aangemoedig om net aan te hou om die mis by te woon.  Ek het daardie week elke dag terug gegaan. Uitendelik, het ek die geveg verloor teen my atheistiese trots, en ek het die onderwyser gekontak wat verandwoordelik is vir die Rite van Christelike Inisiasie (RCIA) klasse.  

Ek het my eerste klas bygewoon op die 3de Desember 2023 .

 

Ek het besef dat ek Christus nie regtig geken het nie. Die belangrikste was dat ek geleer het dat die kruisiging aanhou. Soos Blaise Pascal dit stel, bly Christus op die kruis tot aan die einde van tyd. Dit het my getref dat Hy neergedaal het om ons ander seuns en dogters van God te maak, en dat ons, deur sy vlees te eet en sy bloed te drink, kan streef om eendag die aangesig van God te sien.

 

Deur die genade van God, is ek ontvang in die Een, Heilige, Katolieke en Apostoliese Kerk met die paas waakdiens in 2025. Ek het Christus vir die eerste keer in die Euchariste ontvang, of eerder Christus het in my kom woon, die brose vat wat ek is. Vir my vormsel heilige het ek St Augustine van Hippo gekies. Daar was verskeie redes hiervoor, maar die een wat uitstaan bo die ander was sy ma St. Monica wat hom wou doop maar het dit uitgestel vir baie lank. Ek kan nie help om vreugde in my hart te voel as ek nadink oor die ooreenstemmings van ons verhaal, dat my eie ma ook moes veg om my gedoop te kry nie. Dank die Here dat ek die geleentheid gekry het, om versoening te bring vir my bespotting van my ma se pogings om my te laat doop. —deur my aanmoediging en Christus se stil woorde wat in my ma se hart gespreek is, is sy nou in RCIA-klasse en sal sy by die Paas waak diens 2026 bevestig word.

 

01

Features

Page title

Add your business motto by double clicking

Get in Touch

2025

3 konferensies waarvan die plek en tyd binnekort aangekondig sal word!